Question:

My 16 jarige seun; speel tans flank; het 8mnde terug skouer beseer. Intussen Fisiotx ontvang maar sukkel nogsteeds met gedeeltelike ontwrigting? Waarna sy arm lam voel; meeste vd tyd speel hy aan. Hy het soms ongemak met Abd en ER maar hy voldoende spierkrag? Ons strap sy skouer voor elke wedstryd. Moet hy gaan vir sonar of MRI scan wil graag dit uitsorteer hy voel hy kan nie voluit speel altyd nie?

Answer:

Dit wil voorkom asof sy skouer beslis onstabiel is- die beste is dat ons hom sien, ondersoek en tenminste na “n X-straal kyk. Julle kan ‘n afspraak maak (tel 021 9111017) en my ontvangsdame sal reel vir ‘n X-straal, ek doen self die sonar. Ek sal dan besluit of ‘n MRI nodig is aangesien dit nie altyd geindikeerd is nie. Ons kan dan die beste pad voentoe uitwerk

Groete, dr Joe de Beer

Shoulder Instability

Learn More About Shoulder Instability