Question:

Dr ek sukkel nou al jare met my linker arm en skouer. My arm en linker skouer raak baie lam. Dit pyn/is lam in die middel van die linker bo arm en agter my linker blad.Dit is meer soos iets wat brand in my blad. Ek kan nie my arm lank in die lig hou nie - veral as ek my hare droogblaas,dan word dit so lam. Ek het alreeds 'n fusie van my C3/4 en 4/5 gehad - ongeveer 2 jaar gelede. My l/hand kry soms tintelings. Ek het ook as kind my sleutelbeen gebreek. Ek het u vorige vrae en antwoorde gelees...kan ek ook moontlik Torakale uitlaatsindroom hê?

Answer:

Dit klink regtig soos ‘n Torakale Uitgangsindroom – jy sal ‘n kundige op die gebied moet sien om die diagnose te bevestig

Thoracic Outlet Syndrome

Learn More About Thoracic Outlet Syndrome