Dr. De Beer en Span,

‘n Week is verby en ons kyk net met groot dankbaarheid terug sedert my eerste besoek aan julle.

Ons is beïndruk en voel geëerd met jul vriendelike en professionele diens.    Dit was vertroue met die eerste ontmoeting.   Baie dankie Dr. vir die deeglike operasie, weliswaar groter as wat ons verwag het maar met die volle vertroue dat ek na volkome herstel,  ‘n nuwe skouer/arm gaan hê.

Dankie is ‘n eenvoudige woordjie, maar as dit met waardering en respek uit die hart kom,  beteken dit dit alles!

Nog iets wat ek baie waardeer is dat Dr jou pasiënte breedvoerig inlig wat fout is,  wat gedoen kan word en na die tyd presies hoe en wat gedoen is.   Dit is baie bevredigend.

Ons is ook baie dank verskuldig aan Sam wat ons te alle tye op hoogte gehou het van alles en alle inligting vriendelik, betyds en bedagsaam oorgedra het.  Sy het selfs die volgende dag in haar eie tyd geskakel om te hoor of ons veilig tuis gekom het en hoe dit gaan.   Dit is voorwaar uitsonderlik.

Baie dankie ook aan Sabelo wat stil-stil ‘n groot rol speel in jul sukses.   Dra asseblief ons opregte waardering aan hom oor.

Vriendelike groete,

Susie en Wilhelm Linde.